Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Herero-oorlog
Herero-oorlog [boodskap #122141] So, 16 Desember 2018 11:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Herero-oorlog was die veldtog in Duits-Suidwes-Afrika (tans Namibië) wat in 1904 begin het met 'n opstand onder Herero's en ander stamme en gou dwarsdeur die land versprei het. Die Bondelswarts, die Namas en ander groepe het by die Herero's aangesluit. Die Duitse owerheid was 'n lang tyd op die verdediging en dit was nie voordat 20,000 blanke troepe gemobiliseer is en meer as £60,000,000 bestee is dat die opstand in 1907 onderdruk is nie. 179 Duitse offisiere en 2,169 manskappe het in die opstand gesneuwel. Die Herero-bevolking is van 97,000 na 20,000 verminder.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Herero
Volgende onderwerp: Hermannsburg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:13:14 MGT 2024