Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Herero
Herero [boodskap #122140] So, 16 Desember 2018 11:05
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Herero is 'n stam in Namibië (Suidwes-Afrika). Hulle is lank, waardig en lig van kleur; het vermoedelik uit Sentraal- of Noord-Afrika geëmigreer. Hulle glo aan voorvaderaanbidding en is hoofsaaklik beesboere. Die vroue dra 'n buitengewone hooftooisel, vaagweg ooreenstemmend met dié van die Wikings. Jacobus Coetzee het in 1760 die Herero's die eerste keer teëgekom. In 1830 het die Duitse sending Schmelen, en in 1842 het eerwaarde Hugo Hahn probeer om hulle tot die christelike geloof oor te haal. Die Duitsers het die land gekoloniseer en het herhaaldelik in botsing gekom met die Herero's onder hoofman Samuel Maherero. In die Herero-oorlog (1904-07) word die stam heeltemal verslaan en baie word gedood. Talle sterf aan dors.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hereniging
Volgende onderwerp: Herero-oorlog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:05:09 MGT 2024