Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hely-Hutchinson, Sir Walter Francis
Hely-Hutchinson, Sir Walter Francis [boodskap #122131] So, 16 Desember 2018 10:53
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Walter Francis Hely-Hutchinson was die Goewerneur van Natal (1893-1901) en van die Kaapkolonie (1901-10). In Dublin gebore. Die seun van die . Graaf van Donoughmore. Eerste Goewerneur van Natal onder verantwoordelike bestuur. Daar hanteer hy netelige kwessies en annekseer die 'Trans-Pongola'-gebiede van Amatongaland en spring sodoende vir president Kruger voor. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog word hy aangestel as Goewerneur van die Kaapkolonie. Bekend vir sy takt en gewildheid. Keer terug na Engeland. Oorlede op 23 September 1913.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Helvetia
Volgende onderwerp: Hendrina
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:24:11 MGT 2024