Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hammond, John Hays
Hammond, John Hays [boodskap #122084] Sa, 15 Desember 2018 12:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Hammond, John Hays was 'n myningenieur. Op 31 Maart 1855 in San Francisco gebore; studeer aan die Universiteit Yale en in Freiburg, Duitsland. In 1893 word hy deur die Bamato-broers in diens geneem om verslag te doen oor sekere van hulle eiendomme. Daarna gaan werk hy vir Cecil John Rhodes en word aangestel as raadgewende ingenieur van die Consolidated Gold Fields of South Africa. Hy vestig hom aan die Rand en was een van die vier hoofleiers van die Reform Committee. Na die mislukking van die Jameson-inval is hy in hegtenis geneem en verhoor. Hy is tot die dood veroordeel, maar is later vrygelaat nadat hy 'n boete van £25,000 betaal het. Hammond het president Taft verteenwoordig tydens die kroning van George V in 1911. Oorlede in 1936.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hammarskjöld, Dag Hjalmar Agne Carl
Volgende onderwerp: Handel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:01:41 MGT 2024