Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hamelberg, Hendrik Antonie Lodewijk
Hamelberg, Hendrik Antonie Lodewijk [boodskap #122078] Sa, 15 Desember 2018 12:13
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Hendrik Antonie Lodewijk Hamelberg was 'n diplomaat en amptenaar in die Oranje-Vrystaatse Republiek. Op 2 Mei 1826 in Zalt-Bommel, Nederland, gebore. Kwalifiseer as 'n advokaat en emigreer in 1855 na Suid-Afrika, waar hy hom in die pas-gestigte Oranje-Vrystaatse Republiek gaan vestig. Daar speel hy 'n toonaangewende rol in die gebied se betrekkinge met die Kaap, die Basoeto's en Transvaal. In 1871 keer hy terug na Holland en word Vrystaatse konsul. Hamelberg het 'n interessante dagboek gehou (in 1952 deur die Van Riebeeck Genootskap gepubliseer) en in sowel Suid-Afrika as in Nederland bydraes in die pers gelewer. Hy skryf ook die woorde van die Oranje-Vrystaatse Volkslied wat in 1866 amptelik aanvaar is. Oorlede in 1896.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hamburg
Volgende onderwerp: Hamerkop (Scopus umbretta)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:28:36 MGT 2024