Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hall, Dr. Elsie
Hall, Dr. Elsie [boodskap #122074] Sa, 15 Desember 2018 11:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Elsie Hall was 'n Suid-Afrikaanse pianiste. In 1880 in Australië gebore en het reeds op 4 jarige leeftyd musikale talent geopenbaar. Op 10 jarige ouderdom kom sy onder die aandag van Bernard Shaw, toe 'n vooraanstaande musiekkritikus, onderwyl sy in Londen was. Hy maak in een van sy boeke van haar melding en voorspel 'n groot toekoms vir haar. Tydens haar studie in Duitsland is sy toegelaat om voor Johannes Brahms te speel en word verder aangemoedig. In haar baie lang en suksesvolle loopbaan as konsertpianiste is sy oor die hele wêreld vereer. Sy het haar ook onderskei deur musieklesse aan lede van die Britse koninklike gesin, prinses Mary (later die "Princess Royal'), te gee. Getroud met dr. Stohr, woon 'n tyd lank in Noord-Rhodesië (vandag Zambië), maar vestig haar uiteindelik aan die Kaap.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Halfmens
Volgende onderwerp: Hamanskraal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:24:31 MGT 2024