Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Haggard, Sir Henry Rider
Haggard, Sir Henry Rider [boodskap #122072] Sa, 15 Desember 2018 11:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Henry Rider Haggard was 'n romanskrywer. In 1856 in Norfolk gebore. In 1875 sekretaris van goewerneur sir Henry Bulwer van Natal. Hy sluit aan by die staf van sir Theophilus Shepstone toe hy Transvaal beset en het generaal Brooke gehelp om die Britse vlag op die Koningin se verjaarsdag in 1877 in Pretoria te hys. In die Staatsdiens was hy sekretaris van die 'Sekoekoeni-Kommissie' wat aangestel is om geskille met die opperhoof te skik, en daarna word hy Meester van die Hooggeregshof in 1878. In Transvaal doen hy die ondervinding op wat vir hom van onskatbare waarde is in die skryf van sy boeke. Sy eerste werk, Cetewayo and his White Neighbours gaan oor die probleme wat voortgespruit het uit die Zoeloe-oorlog en het in 1882 verskyn. Daarop volg sy eerste romans, Dawm, in 1884, The Witch's Head en King Solomon's Mines in 1885. Drie van sy beste werke het in 1887 verskyn - She, Jess en die onsterflike Allan Quartermain, wie se avonture gebaseer is op dié van F.C. Selous. Teen dié tyd was Rider Haggard wêreldberoemd en het talle boeke die lig laat sien, die meeste Suid-Afrikaanse historiese romans. Hy begin belang stel in landbou en grondvestiging. Tydens 1916 besoek hy weer Suid-Afrika namens die Hervestigingskema vir Oudgediendes. Oorlede op 14 Mei 1925.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Haga-Haga
Volgende onderwerp: Halfmens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:09:37 MGT 2024