Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Haas (Leporidae)
Haas [boodskap #122068] Sa, 15 Desember 2018 08:25
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Haas.
'n Haas.
Die haas (Leporidae) is 'n knaagdier wat oor 'n groot gebied van Suid-Afrika aangetref word. Verskil daarin van die konyn dat hy groter is en langer bene en bruiner hare het. Die kleintjies word met volle haardos gebore en die oë is onmiddellik oop. Die vleis is rooi. Daar is verskeie soorte, die rooipootjie of Kaapse vlakhaas (Lepus capensis); die kliphaas (Pronolagus ruddi), wat in bergagtige gebiede veral in Natal woon; die klein rooihaas (P. crassicaudatis), wat tussen die Kaap, die Middelland en Zimbabwe (Rhodesië) aangetref word, en die kolhaas (Lepus saxitilis) van die Bosveld. Hase word tot 2 voet lank. Geen bewys kon nog gevind word dat hase aan 'myxomatosis' (slymgewas), die siekte wat konyne aangetas het, ly nie. Dit het beslis nog nie onder hase in Suid-Afrika voorgekom nie. Sien Springhaas en Soogdiere.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Haarlem
Volgende onderwerp: Hackius, Pieter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:14:49 MGT 2024