Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Gubbins, John Gaspard
Gubbins, John Gaspard [boodskap #122059] Sa, 15 Desember 2018 08:00
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
John Gaspard Gubbins was 'n Suid-Afrikaanse boekversamelaar en oudheidkundige. Gebore in Engeland in 1877 en kom na Suid-Afrika as jong man. Het vir homself 'n fortuin bymekaar gemaak deur die suksesvolle ontginning van onedele metale naby Ottoshoop in Oos-Transvaal. Hy het Africana versamel wat hy in sy woonhuis gehou het tot die stigting van die Universiteit van die Witwatersrand, toe hy sy versameling aan dié inrigting geskenk het. Daarbenewens het hy ook 'n groot aantal oudhede aan die Johannesburgse Openbare Biblioteek geskenk waarvoor 'n Africana-museum gestig is. Oorlede in 1935.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Guarrieko
Volgende onderwerp: Gungunhana
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:40:00 MGT 2024