Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Grosvenor
Grosvenor [boodskap #122053] Sa, 15 Desember 2018 07:49
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Grosvenor was 'n Engelse skip wat op 4 Augustus 1782 op 'n terugreis van die Ooste aan die Pondolandse kus gestrand het. Die meeste van sy bemanning en passasiers, waaronder 'n aantal Engelse aristokrate, het die land veilig bereik en met 'n staptog na die Kaap begin. Uit 150 het slegs 9 die beskawing bereik. Reddingsekspedisies het nog vier gered, maar die ander is oorlede. Sommige van die Bantoes wat ligter van vel is in die Transkei, is na bewering afstammelinge van wit vroue wat deur die Bantoes as hulle vroue geneem is. Die Grosvenor het vrag ter waarde van nagenoeg £1,500,000 aan boord gehad wat goud, kosbare stene, ens, ingesluit het. Sommige muntstukke het uitgespoel. Pogings is veral in 1906 en 1920 aangewend om die skatte terug te vind deur middel van duikapparaat en deurgrawing van onder. Daar is later weer pogings aangewend, maar daar bestaan twyfel oor die korrektheid van die vindplek.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Grootvisrivier
Volgende onderwerp: Grosvenor-krale
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:28:48 MGT 2024