Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Grootfontein-Meteoriet
Grootfontein-Meteoriet [boodskap #122047] Vr, 14 Desember 2018 20:13
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Grootfontein-Meteoriet (of Hoba-meteoriet) is een van die grootste bekende meteoriete wat op die plaas, Hoba West, naby Grootfontein, Namibië (Suidwes-Afrika), gevind is. Geoloë is van mening dat hierdie meteoriet so 'n 30 000 jaar gelede die aarde getref het. In 1929 is dit die eerste keer wetenskaplik ondersoek deur die Amerikaanse sterrekundige, dr. W.J. Luyten. Na skatting weeg die massa nikkel-yster ongeveer 60 ton. Dit is in 1955 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Grootfontein
Volgende onderwerp: Groot Marico
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:52:22 MGT 2024