Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Grootfontein
Grootfontein [boodskap #122046] Vr, 14 Desember 2018 20:12
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Grootfontein kan na een van die volgende verwys:

1. Landboukollege naby Middelburg, Kaapland. Plaas waar 'n militêre troepekamp tydens die Tweede Vryheidsoorlog opgerig is. In 1911 deur die Britse department oorlog aan die Unieregering oorhandig, en dit word 'n landboukollege. Internasionaal bekend vir sy wolnavorsingswerk en die opleiding van wolboere, tegnici ens.

2. Dorp in Namibië (Suidwes-Afrika). In 1885 as hoofstad van die Republiek van Upingtonia deur trekboere gestig. Onder Duitse bewind word dit die hoofkantoor van die South-West Africa Company Ltd., 'n Britse treeboerderymaatskappy. Nou 'n belangrike beessentrum. Onedele metaal (vanadium en andere) word in die nabyheid ontgin. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 4,300 (1,650 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Grootbrakrivier
Volgende onderwerp: Grootfontein-Meteoriet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:04:04 MGT 2024