Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Gronderosie
Gronderosie [boodskap #122044] Vr, 14 Desember 2018 19:11
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Gronderosie
Gronderosie
Gronderosie is die mees wydverspreide vorm van grondagteruitgang in Suidelike Afrika. Hoewel die gevaar van gronderosie in Suid-Afrika reeds in die 19de eeu deur 'n paar plantkundiges erken is, en hoewel 'n paar ondernemende boere soos Eugene Cloete van Molteno teenmaatreƫls getref het, is grondbewaring op 'n landswye grondslag eers later aangepak, hoofsaaklik danksy die propaganda van C.J.J. van Rensburg. Dit was die vernaamste taak van die Veldtrust, wat in 1942 gestig is, om inligting oor die gevaar te versprei.

Gronderosie is te wyte aan 'n verskeidenheid oorsake, onder meer oorbeweiding, veral met bokke wat die jong plante wat die grond dig hou, wegvreet; ploeg teen skuinstes af en paaie en voetpaaie wat water opvang. Die gevolg is die vorming van dongas en slote of nog erger, die wegspoelling van die vrugbare bogrond.

Gronderosie kan voorkom word deur op die kontoer te ploeg, grasstroke aan te plant, voldoende drinkplekke vir vee te verskaf en keerwalle te maak. Staatsfondse is later deur die Landbank beskikbaar gestel vir die bestryding van gronderosie. Van die ernstigste gevalle van gronderosie soos die by Vlekpoort in Oos-Kaapland, is met welslae behandel, maar selfs nou nog gaan daar jaarliks miljoene tonne waardevolle bogrond verlore. Die rooi grond wat deur die Oranjerivier meegevoer word, kan tot sover as 20 myl in die see nog gesien word. Die onwilligheid van sommige boere om die getalle van beeste te verminder, bly 'n groot struikelblok, maar vordering word tog gemaak. Sien Grasse en Nasionale Veldtrust.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Groepsgebiede
Volgende onderwerp: Grootbrakrivier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:15:25 MGT 2024