Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Groepsgebiede
Groepsgebiede [boodskap #122043] Vr, 14 Desember 2018 19:04
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die groepsgebiede was 'n stelsel van grondverdeling in Suid-Afrika gebaseer op die beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling (Apartheid). Die eerste keer ingestel onder die Wet Nr. 41 van 1950. Hierdie Wet is herhaaldelik gewysig en weer bepaal onder die Groepsgebiedewet van 1957. Verskillende bepalings is gemaak vir die verskillende provinsies. Die Wet is geadministreer onder die Groepsgebiederaad, wat uit 12 lede bestaan het, vanuit sy hoofkantoor in Pretoria. Daar was streekkantore in Kaapstad, Port Elizabeth en Pietermaritzburg. Van tyd tot tyd is verskeie gebiede, meesal stedelik, geproklameer en gereserveer vir lede van spesifieke groepe - Blank, Kleurling, Asiaat of Bantoe. Voorsiening is gemaak vir geleidelike oorskakeling en vir die betaling van vergoeding, ook om spekulasie te voorkom. Die wet is op 5 Junie 1991 saam met die Land Act of 1913 herroep.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Groenpootruiter (Tringa nebularia)
Volgende onderwerp: Gronderosie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:05:33 MGT 2024