Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Grobler, Piet Gert Wessels
Grobler, Piet Gert Wessels [boodskap #122039] Vr, 14 Desember 2018 18:58
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Piet Gert Wessels Grobler was 'n Kabinetslid. Gebore in 1873 naby Rustenburg, Transvaal, in die huis van sy oom, president Kruger. Ontvang opleiding aan die Pretoriase Gimnasium. Word onder-sekretaris van Buitelandse Sake en vergesel president Kruger in sy ballingskap as sy sekretaris. Na sy terugkeer na Suid-Afrika ná die Tweede Vryheidsoorlog word hy ondersteuner van generaal Louis Botha wat hom voorsitter van die Landbank in Transvaal gemaak het. In 1910 word hy tot L.V. vir Rustenburg verkies en toe Hertzog en Botha uitmekaar gaan, het hy laasgenoemde ondersteun. In 1924 word hy Minister van Lande in die eerste Nasionale Kabinet en van 1933 tot 1938 was hy Minister van Naturellesake. Oorlede in 1942.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Grobler, Senator Esias Reinier
Volgende onderwerp: Groblersdal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:34:11 MGT 2024