Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Grobler, Senator Esias Reinier
Grobler, Senator Esias Reinier [boodskap #122038] Vr, 14 Desember 2018 18:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Senator Esias Reinier Grobler was 'n Boereleier en Administrateur van die Oranje-Vrystaat. Gebore in 1861. Lid van O.V.S. Volksraad van 1886 tot aan die einde van die Republiek. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog was hy in bevel van die troepe aan die Kaapse grens en het teen generaal Gatacre in die slag van Stormberg geveg. Was geïnteresseerd in boerdery. Was van 1907 tot 1910 President van die Wetgewende Raad van die Oranje-Vrystaat onder die Kroonkolonie-bewind. Na Uniewording word hy Senator. Van 1924 tot 1929 was hy Administrateur van die Oranje-Vrystaat. Oorlede in 1937.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Grimm, Hans
Volgende onderwerp: Grobler, Piet Gert Wessels
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:39:00 MGT 2024