Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Griekwas
Griekwas [boodskap #122033] Vr, 14 Desember 2018 18:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Griekwas is 'n groep van gemengde afkoms, blanke en Hottentot. Vroeg in die 19de eeu het hulle na die noordelike grens van die Kaap naby die Oranjerivier getrek. Onder eerwaarde J. Campbell en ander sendelinge het hulle vesting, Klaarwater, Griekwastad geword. Naam afgelei van 'n Hottentotstam wat naby Saldanhabaai gevestig was en wat in die 17de eeu as Grigrikwas bekend was. Later het hulle die invloed van die sendelinge verwerp en hulle onafhanklikheid onder die opvolgende leierskap van Adam Kok, sy seun, Cornelius en kleinseun, Adam Kok die Tweede, verkry. Die grootste deel van die stam het later na die huidige Oranje-Vrystaat, naby Philippolis, getrek. In 1862 het hulle nog 'n keer getrek en baie ontberings oor die Drakensberge en deur Basoetoland verduur. In Niemandsland, die huidige Griekwaland-Oos, het hulle 'n hoofstad by Kokstad gestig. Ten spyte van hulle Volksraad het hulle nie daarin geslaag om 'n doeltreffend gemeenskap daar te stel nie en raak betrokke in oorloë teen die Bantoes.

Griekwaland-Oos kom in 1878 onder Britse gesag en word ingedeel in landdrosdistrikte. Blankes het hulle daar gevestig, maar die Griekwas het nog sekere regte en hou nog jaarliks vergadering. Anders as ander plaaslike rasse, is hulle taal Afrikaans, verryk deur 'n aantal uitdrukkings wat eie aan hulle is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Griekwaland-Wes
Volgende onderwerp: Griekwastad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:55:13 MGT 2024