Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Griekwaland-Wes
Griekwaland-Wes [boodskap #122032] Vr, 14 Desember 2018 18:44
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Griekwaland-Wes is 'n gebied ten noorde van die Oranjerivier wat tot in die suidelike deel van Betsjoeanaland strek. Beset deur Griekwastamme teen die einde van die 18de en die begin van die 19de eeu. Hoofvesting was Klaarwater, later herdoop na Griekwastad. Die gebied sluit die huidige Kimberley in. Teen die laat jare 1860 is diamante daar ontdek en die soewereiniteit van die gebied word van politieke belang. Drie aansprake is op Griekwaland-Wes gemaak: deur die Oranje-Vrystaat, die Suid-Afrikaanse Republiek en die Griekwa-opperhoof, Waterboer, wat Adam Kok opgevolg het toe laasgenoemde na Griekwaland-Oos geëmigreer het. Die Keate-uitspraak het beslis dat Griekwaland-Wes onder Nicholas Waterboer val. Dié feit is betwis deur diamantdelwers langs die Vaalrivier wat in 1870 die Republiek Griekwaland-Wes gestig het. Dit is in Oktober 1871 by die Britse Ryk ingelyf. 'n Afsonderlike Britse Kolonie is in Julie 1873 gestig en in 1877 ingelyf by die Kaapkolonie deur middel van parlementêre wetgewing. Die finale samesmelting het in 1880 plaasgevind. Vandag is die Hoërhof van Griekwaland-Wes in Kimberley en die plaaslike Aktekantoor, oorblyfsels van sy eertydse onafhanklikheid.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Griekwaland-Oos
Volgende onderwerp: Griekwas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:57:19 MGT 2024