Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Griekwaland-Oos
Griekwaland-Oos [boodskap #122031] Vr, 14 Desember 2018 18:42
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Griekwaland-Oos (vroeër bekend as Niemandsland) is 'n gebied in Oos-Kaapland. In 1862 deur nagenoeg 2,000 emigrante-Griekwas onder Adam Kok III beset. Hulle was van Griekwastad afkomstig, het by Philippolis in die Oranje-Vrystaat gewoon en trek deur Basoetoland met die meeste van hulle 20,000 vee en 300 waens na hierdie leë, dog vrugbare hooglandgebied. Met hulle hoofkwartier by Kokstad was die Griekwas half-onafhanklik. Reik in 1868 papiergeld (nou baie skaars) en munte uit, maar die druk van die naburige Bantoestamme en die naderende blankes was te sterk. In 1878 het Griekwaland-Oos deel geword van die Kaap en is dit onder landdroste wat die orde gehandhaaf het, geplaas. Daar was 'n rebellie in 1880, maar sedertdien het die gebied gefloreer en vandag is dit een van die Republiek se belangrikste melk en beesgebiede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Greyton
Volgende onderwerp: Griekwaland-Wes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:24:05 MGT 2024