Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Grey, Sir George
Grey, Sir George [boodskap #122026] Vr, 14 Desember 2018 18:09
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir George Grey was die Goewerneur van die Kaapkolonie. In 1812 in Lissabon gebore. Van 1841 tot 1845 was hy Goewerneur van Suid-Australië en van 1845 beklee hy 'n soortgelyke pos in Nieu-Seeland en dra baie by tot die ontwikkeling van dié kolonie. Die volgende pos wat Grey beklee het, was dié aan die Kaap waar hy in 1854 aankom. Was gewild onder die Britte, Boere en Bantoes en was bekend as die beste Goewerneur van alle tye. Hy het deur die Kaapkolonie, die Oranje-Vrystaat en Natal gereis en vredesooreenkomste met Mosjesj en Adam Kok gesluit. Stukrag agter die eerste spoorweg in die Kaap, skenk 'n groot bedrag geld vir die stigting van Grey-Kollege in Bloemfontein, bou hospitale vir die Bantoes om die invloed van die toordokters te bekamp en skenk sy biblioteek aan die inwoners van die Kaapkolonie. In 1859 word hy teruggeroep omdat hy die eenwording van Suid-Afrika aangemoedig het. Sy pos is aan hom teruggegee, maar hy is in 1861 na Nieu-Seeland gestuur. Word lid van die Nieu-Seelandse parlement en van 1877 tot 1879 was hy Eerste Minister. Oorlede in 1898 in Londen.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Grey, Hoërskool
Volgende onderwerp: Grey-Kollege
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:27:35 MGT 2024