Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Gregorowski, Reinhold
Gregorowski, Reinhold [boodskap #122022] Vr, 14 Desember 2018 18:01
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Reinhold Gregorowski was 'n regter van Transvaal. Gebore op 12 April 1856 op Somerset-Oos. Ontvang opleiding aan Gill College en die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop. Op 25 jarige leeftyd word hy regter in die Oranje-Vrystaat en in 1892 Staatsprokureur. Hy gaan voort om te praktiseer in Bloemfontein totdat hy in Mei 1896 as regter van die Transvaalse Hoërhof aangestel word. Sy beroemdste verhoor was dié van die Jameson-invallers. 'n Jaar later bedank hy om Staatsprokureur van Transvaal te word en kort daarna Hoofregter. In 1902 het hy met 'n praktyk in Pretoria begin en in 1913 is hy aangestel as Transvaalse regter. Oorlede op 19 November 1922 in Pretoria.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Greene, Kolonel Edward Mackenzie
Volgende onderwerp: Grens, Die
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:37:46 MGT 2024