Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Greathead, James Henry
Greathead, James Henry [boodskap #122017] Vr, 14 Desember 2018 17:52
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
James Henry Greathead was 'n Suid-Afrikaanse ingenieur. Uitvinder van die 'Greathead Shield' wat dwarsdeur die wêreld gebruik is om tonnels in sagte grond te grawe. Gebore in 1844 in Grahamstad as seun van 'n 1820-Setlaar. Ontvang opleiding aan St. Andrew's College en in Engeland. Hy skryf in as leerklerk by 'n Londense ingenieur en woon daarna in Brittanje. Die 'Greathead Shield' was die resultaat van sy werk saam met Peter Barlow, F.R.S. in 1868, met die bou van die Tower-duikweg. In 1890 is die bouwerk van die eerste Londense ondergrondse spoorweg aan Greathead opgedra. Oorlede in 1896.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Greasy Slip
Volgende onderwerp: Green, Laurence George
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:05:38 MGT 2024