Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Gray, Biskop Robert
Gray, Biskop Robert [boodskap #122015] Vr, 14 Desember 2018 17:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Biskop Robert Gray was die eerste Anglikaanse biskop van Kaapstad. Gebore in 1809 naby Sunderland, Engeland. Studeer aan Oxford. Word as biskop van die nuut-gestigte bisdom van Kaapstad aangestel. Hy stig verskeie kerklike inrigtings, insluitend die Diocesan College (Bishops) in Kaapstad. In 1853 is Gray aangestel as Aartsbiskop van Kaapstad. Hy bots met biskop J.W. Colenso van Natal oor doktrinêre aangeleenthede en sy gesag as sulks word bedreig. In 'n reeks hofsake wat tot so ver as die Geheime Raad gegaan het, is daar uiteindelik besluit dat die Anglikaanse Kerk nie wetlik buite Engeland gestig is nie. Die gevolg was die stigting van die Anglikaanse Kerk van Suid-Afrika (Church of the Province of South Africa). Oorlede in 1872.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Gravelotte
Volgende onderwerp: Greasy Slip
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:13:48 MGT 2024