Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Grahamstad
Grahamstad [boodskap #122004] Vr, 14 Desember 2018 06:03
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Grahamstad (Engels: Grahamstown, Xhosa: iRhini, amptelik Makhanda) is 'n stad in die Oos-Kaap, sowat 125 kilometer van Port Elizabeth en 180 kilometer van Oos-Londen. In 1819 gestig deur kolonel John Graham, troepbevelvoerder en seun van Robert Burns se beskermer, Graham van Fintry. Word die sentrum waar die 1820-Setlaars hulle vestig. Is byna ingeneem deur 'n naturelle-leër. Ontwikkel geleidelik en word 'n erkende sentrum vir kerke en skole. In die Grensoorloë van 1835 en 1846 vind heelwat gevegte daar plaas. Fort Selwyn en Fort England is oorblyfsels van daardie dae. Weldra was Grahamstad een van die belangrikste dorpe in die Kolonie. In 1853 is die tweede Anglikaanse bisdom in Suid-Afrika daar ingestel. St. Andrew's College wat in 1855 gestig is, het ontwikkel in een van die toonaangewendste private skole. Die hoër klasse was voorlopers van die Rhodes Universiteitskollege, later Rhodes Universiteit. Min nywerhede, maar die plaaslike erdewerk is gewild en word uitgevoer. Volgens die staatskoerant van 29 Junie 2018 staan die plek nou amptelik as Makhanda bekend. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 34,915 (11,228 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Graham, Sir Thomas Lynedoch
Volgende onderwerp: Grahamstown Journal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:02:50 MGT 2024