Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Graham, Sir Thomas Lynedoch
Graham, Sir Thomas Lynedoch [boodskap #122003] Vr, 14 Desember 2018 05:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Thomas Lynedoch Graham was die Regterpresident, hof van die Oostelike Distrikte. Gebore op 5 Mei 1860, en ontvang opleiding aan St. Andrew's College, die South African College en Clare College, Cambridge. In 1885 toegelaat tot die Inner Temple. Hy keer terug na Kaapstad en begin dieselfde jaar praktiseer. Spesialiseer 4 jaar lank in Kriminele Reg en word Prokureur-generaal in 1898. Word lid van die Kaapse Kabinet in 1898. In 1904 word hy aangestel in die regbank van die Oostelike Distrikte en was Regter-president van 1913 tot 1937 toe hy aftree. Stel intens belang in openbare aangeleenthede en word voorsitter van die Kaapse Staatsdienskommissie van 1904 tot 1906 en was voorsitter van die Unie-Staatsdienskommissie van Ondersoek van 1918 tot 1920. Oorlede in Grahamstad op 7 Mei 1940.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Graham, Sir John James
Volgende onderwerp: Grahamstad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:51:55 MGT 2024