Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Graansuier
Graansuier [boodskap #121998] Vr, 14 Desember 2018 05:51
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die graansuier in Eatonstraat, Tweespuit, Vrystaat.
Die graansuier in Eatonstraat, Tweespuit, Vrystaat.
'n Graansuier is 'n gebou waarin los graan geberg word. Die graan word met behulp van suigpompe in silo's in- en uitgesuig.

Hoewel 'n graansuier in 1907 in Johannesburg opgerig is en planne vir die oprigting van 'n reeks, onder die beskerming van die Suid-Afrikaanse Spoorweë reeds in 1914 bespreek is, het werk eers in 1922 begin aan 'n stelsel ontwerp om die meeste oeslewerende distrikte en uitvoerstreke in die land te bedien. 35 graansuiers is opgerig, insluitende een met 'n inhoudsvermoë van 42,000 ton by Congella, Durban, en een van 30,000 ton by die Kaapstadse dokke. Die oorblywende 33 was tussen 1,750 en 5,800 ton. Sedertdien is private installasies opgerig, waarvan die eerste een in 1930 in Bulawayo, Zimbabwe (Rhodesië), opgerig is. 'n Reeks van 35 nuwe graansuiers, wat R7,000,000 gekos het, is in 1964 begin deur die Noordwestelike Mielieverbouerskoöperasie, wat Transvaal, Noord-Kaapland en die Vrystaat bedien. In 1964 is die grootste graansuier in die Republiek in Oos-Londen gebou, met 'n inhoudsvermoë van 60,000 ton.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Graafwater
Volgende onderwerp: Grabouw
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:06:13 MGT 2024