Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Graaff-Reinet
Graaff-Reinet [boodskap #121996] Vr, 14 Desember 2018 05:43
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Graaff-Reinet is 'n dorp aan die Sondagsrivier in Kaapland. Genoem 'Juweel van die Karoo' vanweë sy vrugbaarheid. Gestig in 1786 en vernoem na goewerneur Van de Graaff en sy vrou, Reinet van de Graaff. Daar was 'n rebellie in 1795 en die stigting van 'n kortbestaande Boere-republiek. Bekend vir sy ou Hollandse huise, strate met hulle leivore en algemene voorspoed. Vroeër 'n volstruisveerbedryf. Nou lê Graaff-Reinet se grootste bate in wolproduksie, vrugte en die opbrengs van besproeiingskemas. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 16,703 (5,565 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Graaff, Sir de Villiers
Volgende onderwerp: Graafwater
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:46:56 MGT 2024