Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Graaff, Sir David Pieter de Villiers
Graaff, Sir David Pieter de Villiers [boodskap #121994] Vr, 14 Desember 2018 05:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir David Pieter de Villiers Graaff was 'n Suid-Afrikaanse Kabinetsminister en nyweraar. Gebore in 1859 op Villiersdorp, Kaapland. Toe sy vader oorlede is, word hy deur sy oom, J. Anthony Combrinck, 'n vooraanstaande Kaapse slagter, in diens geneem. Word bestuurder op vroeë leeftyd. Toe Combrinck tot die politiek toetree, het hy en sy broer, Jacobus Graaff, die saak ontwikkel en voer die eerste moderne koelbewaringsinstallasies in Suid-Afrika in. Hierdie onderneming word die Imperial Cold Storage and Supply Company, wat uiteindelik die steun van Cecil John Rhodes en Samuel Marks kry. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het hierdie onderneming al 'n belangrike rol gespeel. Sir David Graaff het 'n leidende rol gespeel in die plaaslike politiek en word in 1891 burgemeester van Kaapstad. Gedurende hierdie tyd voer hy die eerste elektriese liginstallasie in. Hy was 'n sterk ondersteuner van die Afrikanerbond en word tot die Kaapse Parlement verkies. Van 1908 tot 1910 was hy Minister sonder 'n portefeulje onder John X. Merriman.

Na Uniewording, van 1910 tot 1912 was hy Minister van Openbare Werke, Pos- en Telegraafwese, Minister sonder portefeulje van 1912 tot 1913 en Minister van Finansies van 1915 tot 1916. Oorlede in 1931.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Graaff, Senator Sir Jacobus Arnoldus
Volgende onderwerp: Graaff, Sir de Villiers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:57:37 MGT 2024