Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Gouritsrivier
Gouritsrivier [boodskap #121992] Vr, 14 Desember 2018 05:33
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Gouritsrivier is 'n 400 myl lange rivier wat in die Wes-Kaap vloei. Dit ontspring naby Beaufort-Wes in die Karoo tussen die Lange- en Outeniquaberge, vloei deur klowe in die Swartberge en vloei in die Indiese Oseaan ten weste van Mosselbaai. Takriviere sluit in Gamka-, Olifants- en Dwykarivier. Word deur drie merkwaardige brûe, 200 voet bokant die rivier oorspan. Die eerste een is in 1892 (pad) gebou en die tweede een (spoorweg), van 720 voet, is daarna gebou. Die derde en jongste brug is die Gouritsrivierbrug wat die N2 Nasionale Pad dra.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Gouldsbury, Henry Cullen
Volgende onderwerp: Graaff, Senator Sir Jacobus Arnoldus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:11:40 MGT 2024