Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Goudwet
Goudwet [boodskap #121990] Vr, 14 Desember 2018 05:18
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die goudwet is geleidelik deur ondervinding gevorm, veral in Transvaal. Volgens tradisie het die reg om kosbare metale in Suid-Afrika te ontgin by die Staat berus. Sekere regte word aan die grondeienaar toegeken wat verteenwoordig word deur die vergunning van 'n Mynpacht. Grond wat vermoedelik goud bevat moet eers oopgestel word vir prospektering deur die Departement van Mynwese en daarna vir afpenning. Daar bestaan uitvoerige bepalings waaronder die mineralesoekers hulle regte kan vasstel. Sedert ongeveer 1908 is 'n mynhuurreg-stelsel ontwikkel, in besonder in Transvaal en die Oranje-Vrystaat waarvolgens die Staat ontginningsregte aan goedgekeurde maatskappye toeken. Dit is dus moontlik om op 'n groot en ekonomiese skaal te werk.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Goud
Volgende onderwerp: Gouldsbury, Henry Cullen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:40:02 MGT 2024