Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Gosen
Gosen [boodskap #121986] Do, 13 Desember 2018 18:16
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Gosen (meer korrek 'Het Land Goosen') was 'n miniatuur Boere-republiek; op 24 Oktober 1882 gestig deur 'n groep Transvaalse burgers onder N.C. Gey van Pittius. Gestig op grond wat deur die Betsjoeanaopperhoof, Moshete, aan hulle oorgedra is as 'n beloning vir hulle hulp in 'n stamoorlog. Bybelse naam vir die gebied wat vroeër Rooigrond genoem is. Poging is aangewend om dit te verenig met Stellaland. President Kruger het albei state onder Transvaalse beskerming geplaas, maar dit het tot niet geraak na die Britse besetting van Betsjoeanaland in 1884.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Gorongoza
Volgende onderwerp: Goske, Isbrand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:54:16 MGT 2024