Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Gordon-Cumming, Roualeyn George
Gordon-Cumming, Roualeyn George [boodskap #121981] Do, 13 Desember 2018 18:10
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Roualeyn George Gordon-Cumming was 'n reisiger en jagter. Gebore in 1820 in Skotland. In 1843 kom hy na Suid-Afrika om by die Cape Mounted Rifles aan te sluit, maar word weldra 'n beroepsjagter. Hy onderneem vier jagtogte na die binneland. Skiet hoofsaaklik olifante en leeus. In 1847 en 1848 gaan hy oor die Limpopo-rivier na die Macloutsie ('n gebied in die ooste van Botswana naby die huidige Bobonong). Die boek wat hom beroemd gemaak het, Five Years of a Hunter's Life in the Far Interior of South Africa, is in 1850 gepubliseer. Later verloor hy byna al sy geld en is op 46-jarige ouderdom, in 1866, oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Gordon, Kolonel Robert Jacob
Volgende onderwerp: Gordon-rots
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:08:59 MGT 2024