Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Gordon, Kolonel Robert Jacob
Gordon, Kolonel Robert Jacob [boodskap #121980] Do, 13 Desember 2018 16:02
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kolonel Robert Jacob Gordon was 'n soldaat, ontdekkingsreisiger en stigter van die Suid-Afrikaanse merinoskaap-bedryf. As die seun van 'n Skotse immigrant is hy in Holland gebore, en het ook in 'n Skotse regiment onder kolonel Dundas geveg. Hy kom op 1 Junie 1777 by die Kaap aan en was tweede in bevel van die Garnisoen. Kort na sy aankoms begin hy met ontdekkingsreise en in Augustus 1779 ontdek hy 'n groot rivier in die noorde van die Kolonie. Hy hys die Hollandse vlag en noem dit die Oranje-rivier, na die stadhouer van Nederland. Later het hy die Oosgrens saam met goewerneur Van Plettenberg besoek en in 1780 is hy aangestel as bevelvoerder van die Garnisoen. Hy het die eerste merinoskape van oorsee af na die Kaap ingevoer. Met die Britse aanval op die Kaap in 1795 het Gordon 'n ineenstorting gehad en na die oorgawe, het hy op 5 Oktober 1795 selfmoord gepleeg.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Gordon, Generaal Charles George
Volgende onderwerp: Gordon-Cumming, Roualeyn George
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:32:04 MGT 2024