Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Gordon, Generaal Charles George (Chinese Gordon)
Gordon, Generaal Charles George [boodskap #121979] Do, 13 Desember 2018 15:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal Charles George Gordon (Sjinese Gordon) was 'n Britse soldaat. Gebore in 1833 in Woolwich en opgelei deur die 'Royal Engineers'. Hy het sy bynaam gekry deur die sukses wat hy behaal het in die onderdrukking van die Taiping-rebellie vir die Keiser van Sjina (1863-64). Administreer die Egiptiese Soedan waar hy die slawehandel in die jare 1870 onderdruk het. In 1882 het hy die bevel oorgeneem van die Koloniale magte aan die Kaap. Hy het in Junie daardie jaar aangekom en te doen gekry met die opstand van die Basoeto's, die Geweeroorlog. Ongewapen het Gordon die opperhoof, Masupha, in sy kraal tegemoet gegaan om 'n ooreenkoms te tref. Sy sienswyse verskil van dié van die Koloniale regering en op 16 Oktober 1882 het hy bedank. Kort daarna keer Gordon na die Soedan terug en is op 26 Januarie 1885 in Khartoem om die lewe gebring.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Gordimer, Nadine
Volgende onderwerp: Gordon, Kolonel Robert Jacob
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:28:41 MGT 2024