Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Goold-Adams, Sir Hamilton John
Goold-Adams, Sir Hamilton John [boodskap #121976] Do, 13 Desember 2018 15:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Hamilton John Goold-Adams was Luitenant-goewerneur van die Oranjerivierkolonie. Gebore in 1858. Het eers in Suid-Afrika in generaal sir Charles Warren se ekspedisie van 1884 teen die Betsjoeanas geveg en as majoor bevel gevoer oor die Veldmag in die Matabele-oorlog van 1893. In 1895 word hy majoor in die 1ste bataljon van die Royal Scots en Resident-kommissaris vir Betsjoeanaland. Hy word hoog geag deur alle rasse vanweë sy bekwaamheid en takt. Tydens die beleg van Mafeking het hy hom verder onderskei en van 1901 tot 1910 was hy Luitenant-goewerneur van die pas-geannekseerde Oranje-rivierkolonie. Hy beleef die instelling van verantwoordelike bestuur en die voorbereidsels vir die Nasionale Konvensie en Uniewording. Oorlede op 12 April 1920.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Goodwood
Volgende onderwerp: Gorah
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:46:58 MGT 2024