Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Goodman, Robert Gwelo
Goodman, Robert Gwelo [boodskap #121974] Do, 13 Desember 2018 15:46
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Robert Gwelo Goodman was 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar. Gebore op 1 Julie 1871, in Taplow aan die Teems in Engeland. Arriveer saam met sy ouers in Kaapstad in 1886. Soos sy vader, sluit hy by die Spoorweë van die Kaapse regering aan en word gestasioneer in die Paarl. As jong man begin hy skilder en hou in 1900 sy eerste uitstalling by die Koninklike Akademie. Ander uitstallings volg in die Paryse Salon ens. Sy werk het aandag getrek vanweë die intense en kenmerkende kleur en styl. Nadat hy tonele uit die Tweede Vryheidsoorlog geskilder het, het Goodman in 1901 na Engeland teruggekeer waar hy vir homself groot naam gemaak het. Daarna kom woon hy in die Kaap en afgesien van sy landskappe, word hy bekend vir sy blomskilderye. Oorlede in 1939.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Good Hope, H.M.S.
Volgende onderwerp: Goodwood
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:23:33 MGT 2024