Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Goldberg, Benjamin D'Israeli
Goldberg, Benjamin D'Israeli [boodskap #121968] Do, 13 Desember 2018 15:36
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Benjamin D'Israeli Goldberg was 'n Zimbabwiese (Rhodesiese) Kabinetslid. Gebore op 12 Mei 1902 in Dublin, Ierland. Kom na Rhodesiƫ op 10-jarige ouderdom en ontvang sy opleiding in Harare (destyds Salisbury) en aan die Universiteit van Kaapstad. Begin met sy praktyk as prokureur op Umtali en word in Desember 1953 verkies tot die Federale Parlement as lid vir Border. In 1956 word hy Minister van Binnelandse Sake in die Federale Kabinet onder sir Roy Welensky en in 1962 Minister van Gesondheid.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Gogga
Volgende onderwerp: Golden Valley
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:19:25 MGT 2024