Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Gill, Sir David
Gill, Sir David [boodskap #121943] Do, 13 Desember 2018 06:43
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir David Gill was 'n sterrekundige. Gebore in 1843 in Aberdeen, Skotland. Opgelei as horlosiemaker - iets wat hom goed te pas gekom het in sy werk. Lord Crawford (graaf van Lindsay) het hom in 1872 aangestel as hoof van sy private sterrewag by Dun Echt. In 1877 gaan hy saam met sy vrou na Ascension-eiland om die Venus-oorgang waar te neem. In 1879 is hy as Haar Majesteit se Astronoom in die Kaap aangestel, 'n amp wat hy byna 30 jaar lank beklee het. Onder hom het die Kaapse Sterrewag wêreldbekend geword en 'n menigte vername besoekers gelok. Gill se uitstaande werk sluit onder meer in, 'n opname van die Suidelike Hemel (Durch-musterung), die fotografering van die maan, die begin van die Kaapse Geodetiese Opname, die opmeting van sterafstande en 'n poging tot die bou van die 'Perfekte Klok' om die aarde se omwenteling te meet. Gill verlaat die Kaap in 1907 en is in 1914 in Engeland oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Gill-kollege
Volgende onderwerp: Gill, Dr. William
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:01:45 MGT 2024