Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ghwano-eilande
Ghwano-eilande [boodskap #121936] Do, 13 Desember 2018 06:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Ghwano-eilande is 'n groep klein eilande versprei langs die Weskus van die Republiek en die Namibiese (Suidwes-Afrikaanse) kus. Die bestaan van ontsaglike neerslae ghwano het gelei tot die ontginning van hierdie eilande in die jare 1830 en 1840, maar geen poging is voor 1866 aangewend om hulle onder beheer te bring nie. Toe is dit ingelyf by die Kaapkolonie. Hulle val later onder 'n spesiale superintendent, verbonde aan die Departement Landbou, wat die ontginning van die neerslae beheer het. Die gemiddelde opbrengs in die 1960's was ongeveer 5,000 ton per jaar. Die bekendste ghwano-eilande is Plumpudding, Ichaboe, Roastbeef, Halifax, Possession, ens. Hulle word nie permanent bewoon nie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ghriestafel
Volgende onderwerp: Giant's Castle
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:39:18 MGT 2024