Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Gholf
Gholf [boodskap #121934] Do, 13 Desember 2018 06:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Golf
Golf
Gholf is 'n buitelugsport waar spelers of spanne 'n klein balletjie met gholfstokke oor 'n afstand in 'n gaatjie in die grond moet inslaan. Dit is amptelik in 1882 in Suid-Afrika ingevoer toe die eerste klub in Kaapstad gestig is onder voorsitterskap van generaal sir H. D'O. Torrens, in bevel van die Britse Garnisoen, en gesteun deur sir David Gill en 'n aantal ander bekende inwoners. Die eerste baan is by Wynberg aangelê en 'n gholfhuis is opgerig. In 1886 het hierdie Cape Golf Club se eerste wedstryd plaasgevind. Gholf het gou daarna versprei na Kimberley, Grahamstad, King William's Town, Port Elizabeth, Uitenhage, Aliwal-Noord, Mafeking, Paarl, Bedford, Johannesburg en Klerksdorp. Die eerste klub aan die Rand is in 1890 gestig. In die 1960's was daar reeds nagenoeg 350 gholfbane in Suidelike Afrika waarvan meer as 300 in die Republiek was.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ghoen
Volgende onderwerp: Ghriestafel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:16:11 MGT 2024