Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » General Mining and Finance Corporation Ltd.
General Mining and Finance Corporation Ltd. [boodskap #121923] Wo, 12 Desember 2018 06:21
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die General Mining and Finance Corporation Ltd. was 'n goudmyngroep. In 1895 in Johannesburg deur die broers, George en Leopold Albu gestig. Verskeie belangrike maatskappye was onder hulle bestuur, insluitend die Meyer en Charlton, in daardie dae die rykste eiendom aan die Rand. Voor die Eerste Wêreldoorlog is dit uit Duitsland deur die Dresdner Bank gesteun. Belangrikste maatskappy is die West Rand Consolidated, een van die grootste goudprodusente in die wêreld. General Mining het na die Tweede Vryheidsoorlog die eerste goudmyn (die Meyer en Charlton) in 1902 heropen. Was na die Tweede Wêreldoorlog die eerste uraanprodusent aan die Rand, by West Rand Consolidated. Later was dit onder beheer van die Federale Volksbeleggingsgroep.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: General Estate and Orphan Chamber
Volgende onderwerp: Genootskap van Regte Afrikaners
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:55:51 MGT 2024