Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Geld en Muntstelsel
Geld en Muntstelsel [boodskap #121917] Wo, 12 Desember 2018 05:49
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Een pennie munte
Een pennie munte
Geld en muntstelsel verwys na die betaalmiddel (note en munte) wat in ruil vir goedere en dienste aangebied word.

Dwarsdeur die bewind van die Hollandse Oos-Indiese Kompanjie tot aan die einde van die 18de eeu het verwarring in die Kaap geheers oor geld (muntstukke van byna elke wêrelddeel het gesirkuleer), hoewel die amptelike eenhede riksdaalders, stuiwers en skellings van Holland was. Pogings om sake te reguleer het na die Britse besetting begin, toe amptelike wisselkoerse gedefinieer is. Dit was nie altyd suksesvol nie. Die Britse betaalmiddel het in 1825 verpligtend geword, maar die benaming riksdaalder het baie jare nog in gebruik gebly ten spyte van die feit dat die stigters van die Boererepublieke ook bereid was om ponde, sjielings en pennies te gebruik. In die jare 1870 is pogings deur president T.F. Burgers van Transvaal aangewend om 'n republikeinse geldeenheid daar te stel, maar niks meer as blote patroonontwerpe van muntstukke is geslaan nie. As gevolg van die Indiese arbeiders, het Natal probeer om die gebruik van roepees in die vroeë jare 1880 daar te stel, maar die proefneming is gou verwerp. In 1891 het die Suid-Afrikaanse Republiek sy eie Munt in Pretoria gestig en 'n reeks plaaslike muntstukke, dieselfde waarde as dié van Brittanje, is uitgereik.

In 1923 is die huidige Suid-Afrikaanse Munt in Pretoria geopen, eers as 'n tak van die Royal Mint in Londen en later as 'n onafhanklike instelling. In 1961 het 'n groot oorskakeling plaasgevind toe die desimale muntstelsel ingestel is met die rand van 100 sent gelyk aan 10 sjielings as eenheid Sien Desimalisasie.

Banknote in Suid-Afrika dateer uit die vroeë 19de eeu, toe verskeie plaaslike banke en selfs belangrike sake-ondernemings hulle eie uitgereik het. Sedert 1920 besit die Suid-Afrikaanse Reserwebank die alleenreg om note uit te reik. Mosambiek se geldstelsel bestaande uit contos en escudos, is gebaseer op dié van Portugal.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Geilsiekte
Volgende onderwerp: Gelderland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:39:23 MGT 2024