Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Gedeporteerdes
Gedeporteerdes [boodskap #121911] Di, 11 Desember 2018 06:18
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Gedeporteerdes is 'n naam wat gegee is aan 'n groep Suid-Afrikaanse Arbeiderleiers, wat tydens die staking van 1914 aan die Rand in opdrag van generaal J.C. Smuts gearresteer en na Durban gestuur is waar hulle op 'n boot na Engeland gesit is. Die nuus van hulle arrestasie het uitgelek en hulle vriende het om 'n habeas corpus-bevel aansoek gedoen. Dit is toegestaan en 'n sleepboot is gehuur om die skip naby Kaapstad voor te keer, maar dit misluk. Die Gedeporteerdes het in Engeland aangekom en is feestelik onthaal deur arbeiderleiers. Hulle het uiteindelik teruggekeer na Suid-Afrika.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Gaul, Dr. William Thomas
Volgende onderwerp: Geelbek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:20:38 MGT 2024