Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Gatacre, Generaal-majoor Sir William Forbes
Gatacre, Generaal-majoor Sir William Forbes [boodskap #121905] Di, 11 Desember 2018 06:00
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal-majoor Sir William Forbes Gatacre was 'n Britse soldaat. Gebore in 1843 in Shropshire en sluit aan by die 77ste Regiment of Foot in 1862. Doen diens in Indië en die Soedan en word aangestel as bevelvoerder van die Derde Divisie van die Suid-Afrikaanse Veldmag in 1899. In dié hoedanigheid moes hy die spoorlyn van Oos-Londen na die binneland beskerm, maar is in Desember 1899 by Stormberg verslaan. Later neem hy Dewetsdorp in, maar 'n Britse mag by Reddersburg, O.V.S., was verplig om oor te gee as gevolg van Gateacre se onvermoë om die dorp te ontset. As gevolg hiervan is hy onthef van sy pos in Suid-Afrika en in bevel geplaas van die distrik Colchester. Later het hy Abessinië verken en is in 1905 aan koors oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Garrett, Fydell Edmund
Volgende onderwerp: Gates of St. John
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:38:33 MGT 2024