Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Garrett, Fydell Edmund
Garrett, Fydell Edmund [boodskap #121904] Di, 11 Desember 2018 05:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Fydell Edmund Garrett was 'n koerantredakteur. Gebore in 1865 in Derbyshire. Sy gesondheid was altyd swak. Skryf in by Cambridge in 1884 waar hy onder die aandag kom weens sy literêre aanleg. W.T. Stead, redakteur van die Pall Mall Gazette, stuur hom in 1889 op 'n toer deur Suid-Afrika. Onder sy vriende was Alfred Milner, later lord Milner. Hy word redakteur van die Cape Times op die vooraand van die Jameson-inval. Toe hy in die Kaap aankom het hy hom dadelik, as vriend en ondersteuner van Cecil John Rhodes, besig gehou met plaaslike aangeleenthede. Onderneem 'n reis na Johannesburg en Pretoria en verewig sy ondervindings en gesigspunte in The Story of an African Crisis. Deur sy toedoen het die Cape Times 'n groot sirkulasie opgebou en groot invloed gehad. Garrett was 'n lid van die Kaapse parlement van 1897 tot 1899. Sy gesondheid het versleg en in 1900 keer hy terug na Engeland. Wetende dat hy nie meer lank sal leef nie, het hy voortgegaan met sy werk en pragtige poësie geskryf. Oorlede in 1907.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Garraway, Sir Edward Charles Frederick
Volgende onderwerp: Gatacre, Generaal-majoor Sir William Forbes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:02:53 MGT 2024