Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Garraway, Sir Edward Charles Frederick
Garraway, Sir Edward Charles Frederick [boodskap #121903] Di, 11 Desember 2018 05:53
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Edward Charles Frederick Garraway was die Resident-kommissaris van Basoetoland (vandag Lesotho). In 1856 in Ierland gebore. Kwalifiseer in die medisyne in Dublin en kom in 1888 na Suid-Afrika as distriksgeneesheer op Millwood naby Knysna. Doen diens in die Betsjoeanalandse polisie en na die Tweede Vryheidsoorlog sluit hy aan by die Suid-Afrikaanse Polisiemag en word hoof mediese beampte. Was militêre sekretaris vir lord Gladstone na Uniewording en van 1916 tot 1917 Resident-kommissaris van die Betsjoeanalandse Protektoraat (vandag Botswana). Dit is gevolg deur 'n soortgelyke aanstelling in Basoetoland. Oorlede in 1932.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Garies
Volgende onderwerp: Garrett, Fydell Edmund
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:01:06 MGT 2024