Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Gardiner, Frederick George
Gardiner, Frederick George [boodskap #121900] Di, 11 Desember 2018 05:47
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Frederick George Gardiner was die Regterpresident van die Kaap. Gebore op 19 April 1874 in Londen. Kom as kind na Suid-Afrika. Ontvang opleiding in Mosselbaai, Diocesan College, Kaapstad, en Keble College, Oxford. Keer terug na die Kaap en word op 12 April 1897 tot die balie toegelaat. Daarna word hy in 1910 aangestel as Prokureur-generaal van die Kaapprovinsie. In 1912 word hy senior advokaat en nadat hy drie keer waarnemende regter was, word hy permanent aangestel in 1914. Word Regter-president van die Kaap in Augustus 1926. Oorlede op 22 Augustus 1935.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Gardiner, Kaptein Allen Francis
Volgende onderwerp: Gariep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:52:23 MGT 2024