Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Gardiner, Kaptein Allen Francis
Gardiner, Kaptein Allen Francis [boodskap #121899] Di, 11 Desember 2018 05:45
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kaptein Allen Francis Gardiner was 'n seeman en sendeling. Gebore in 1794 in Oxfordshire. Sluit by die Britse Vloot aan en veg in die Napoleonitiese oorloë van 1810 tot 1815 en word later bevelvoerder. Geïnteresseerd in godsdiens en bedank om die eerste sendingpos in Natal te stig. Probeer om Dingaan en sy Zoeloes se vriendskap te wen, maar word ontmoedig en vertrek uiteindelik na Suid-Amerika. Hy skryf die beste vroeë beskrywing van Natal, die Narrative of a Journey to the Zoolu Country of South Africa in 1835 and 1836. Werk in Boliwië, probeer om die Indiane van Tierra del Fuego te hervorm, maar sterf in 1851 daar as gevolg van verhongering.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ganspan
Volgende onderwerp: Gardiner, Frederick George
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:29:54 MGT 2024