Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Gans (Anatidae)
Gans [boodskap #121896] Di, 11 Desember 2018 05:40
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ganse
Ganse
Die gans is 'n groot, swaargeboude watervoël met 'n lang nek wat aan die familie van eendvoëls (Anatidae) behoort. Hulle word volop aangetref in vleiagtige gebiede. Soorte sluit in: die dwerggans, 'n mooi klein voëltjie, kleiner as 'n eend. Dit het nie dieselfde gewoontes as 'n gans nie. Kry voedsel onder water, het 'n wit gesig en groen kastaiingkleurige lyf; wildemakou, 'n reuse-gans wat soms sy nes in bome bou; Nylgans (of kol- of berggans) is die algemeenste, wit, rooi en swart vlerke, opvallend in sy vlug. Soms bou hulle in pare in bome, of in groepe op rotslyste.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ganna
Volgende onderwerp: Gansbaai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:33:17 MGT 2024