Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Gandhi, Mohandas Karamchand
Gandhi, Mohandas Karamchand [boodskap #121893] Di, 11 Desember 2018 05:33
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Mohandas Karamchand Gandhi was 'n Indiese leier. Gebore op 2 Oktober 1869 in Porbandar. Kwalifiseer as advokaat in Londen en kom in Suid-Afrika aan in 1893 om Indiese kliënte in Durban te verdedig. Vanweë die behandeling wat hom as gevolg van sy rasseherkoms te beurt geval het, begin hy met sy veldtog vir die regte van die Indiërs. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het hy 'n korps Indiese baardraers georganiseer en ook met die uitbreek van pes aan die Rand en tydens die Bambata-rebellie in 1906 in Natal. Ná die Tweede Vryheidsoorlog het Gandhi as prokureur in Johannesburg gepraktiseer en bots hy met die bestaande wetgewing. Hy word deur 'n aantal blankes gesteun en organiseer sy bekende Lydelike Versetveldtog (satyagraha) wat lei tot talle arrestasies en sy eie gevangeneming. Na talle betogings en 'n oortreding van die verbod op Indiërs om tussen Transvaal en Natal te reis, het Gandhi met generaal J.C. Smuts, as Minister van Binnelandse Sake, 'n ooreenkoms getref wat ingesluit is in die Indiër Bystandswet van 1914. Daarna keer Gandhi terug na Indië, wêreldberoemd as 'n nasionalisteleier. Behou in 'n sekere mate kontak met Suid-Afrika. Gandhi is op 30 Januarie 1948 vermoor nadat die Indiese nasionaliste hulle stryd gewen het.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Gamtoosrivier
Volgende onderwerp: Gangelizwe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:53:19 MGT 2024